Hazeldean Valley Trails

Hazeldean Valley Trails is op die drumpel van Pretoria-Oos, binne ryafstand vanaf naburige voorstede. Fietsryers ry deur pragtige bosveldplaasgrond tussen die koeie en verby die bome langs die Pienaarsrivier. Met vloeiende enkelbane is die roetes ideaal vir beginnerryers en gesinne,
aangesien die kontoervlakke meestal gelyk is. Maar moenie dat dit jou mislei nie – selfs professionele ryers kan ’n goeie oefensessie inwerk, want trap moet jy trap.

Die roetes is goed gemerk met kleure wat die verskillende roetes aandui, van die 4,5 km pienk roete tot die 50 km swart roete – en alles tussenin. Fietsryers kan oor naweke lekker kuier by die Cowhouse.

Hazeldean-Valley_Logo-01

Discount:

50%

Contact details:

083 669 8588
info@hazeldeanvalley.co.za

Address:

Hazeldean Plaas, Zwartkoppies 364 JR. Pretoria

Province:

Gauteng