Registrations have closed.

#VirHoop

by
116 116 people viewed this event.

AfriForum Sport bied in 2022 maandeliks die #VirHoop-gemeenskapsdag by die Voortrekkermonument aan. Die doel van hierdie inisiatief is om geleenthede te skep waartydens gesinne, vriende en die breër gemeenskap bande kan snoer, gehaltetyd saam kan spandeer en terselfdertyd ’n gesonde leefstyl kan handhaaf in die pragtige omgewing waarin die Voortrekkermonument geleë is.

AfriForum Sport beoog ook om met hierdie geleenthede fondse in te samel vir die onderhoud van roetes by die Voortrekkermonument, asook om ander projekte/inisiatiewe te ondersteun wat ook deur middel van sport gemeenskappe en/of individue bemagtig.

Deelnemers sal op 14 Mei die keuse hê om by hierdie geleenthede die 5 km-, 10 km- of 15 km-roete te stap of te draf.

Plek: Voortrekkermonument

Tyd: 7:00 (Registrasies); 7:30 (Wegspring)

Hardloop

Naam en van*
Afstande*
Consent*

 

Datum en tyd

14-05-2022 @ 07:00 tot
14-05-2022
 

Ligging

 

Event Category

Deel met vriende