AfriForum Sport hou op Saterdag 4 September ’n gemeenskapsdag waar mense vanuit die gemeenskap bymekaar kan kom om saam te hardloop, fiets te ry en tussen die stalletjies deur te kuier. Ons beplan om op die dag ook die geleentheid te bied aan verskeie sportverskaffers om hul produkte en/of dienste gratis te kom bemark.