Cactic Fitness is ’n onderneming wat gestig is deur drie trotse Suid-Afrikaanse pa’s met ’n passie vir gesinslewe, fiksheid en die plaaslike ekonomie. Aangevuur deur dié passie het Cactic Fitness ’n tuisgimnasiumstelsel vir die hele gesin ontwikkel – van jonk tot oud, en beginner tot atleet. Die stelsel is ’n oorspronklike ontwerp en word met trots plaaslik vervaardiging. Ons begryp dat mense se fiksheid en manier van oefen verskil; daarom is die stelsel modulêr ontwerp sodat dit by die verskillende behoeftes kan aanpas. Dit is onoortreflik wat gehalte, keuse en kompaktheid betref. Nou kan enigeen en hul hele gesin oefen: saam of alleen, net soos hul wil, in die gemak van die huis … of motorhuis … of selfs buite. Installering is maklik en dit pak weg in ’n 10 cm-diepte teen die muur. Dié is ’n oefenapparaat wat by enigeen se behoeftes pas. Ons droom is om oefen toeganklik en pret te maak vir die hele gesin: “Gym. Your way.”