Die Legends MMA Program bied opvoedkundige, gemengdevegkuns- (MMA-)klasse aan vir studente tussen die ouderdom van 4 en 14 jaar. Dié prettige klasse bestaan uit ’n kombinasie van skopboks-, stoei- en Brasiliaanse Jiu-Jitzu-tegnieke om studente te leer om hulself te verdedig. Die program het ’n positiewe impak op studente se emosionele welstand, motivering en selfvertroue. Die klasse inkorporeer fiksheidsoefeninge en aktiewe speletjies wat studente fisies en positief sal beïnvloed. Ons program bied ook studente die geleentheid om in die bogenoemde style mee te ding as dit hul begeerte is.