PROACTIVE PADEL

AfriForum-lede kwalifiseer vir 50%-korting op telefoniese padelbaanbesprekings by Irene Buiteklub, Wingatepark Buiteklub en Woodhill Buiteklub.

50%-korting op telefoniese padelbaanbesprekings buite spitstye Maandag tot Donderdag 10:00–16:00 (laaste bespreking om 15:00)
Sondag slegs 12:00–13:00
Maandag 16:00–17:00 slegs by Wingatepark Buiteklub
(Vrydag, Saterdag en openbare vakansiedae uitgesluit)

Afslagtarief vir AfriForum-lede: R200 per uur vir vier spelers vir 60 minute
Afslagtarief vir AfriForum-lede: R300 per uur vir vier spelers vir 90 minute

  • Maandag tot Donderdag 10:00–16:00 (laaste bespreking om 15:00)
    (Vrydag, Saterdag, Sondag en openbare vakansiedae is uitgesluit.)
  • Skakel Proactive Padel se klubs vir die baanbesprekings en betalings.
    • Irene Buiteklub (Centurion) by 012 667 1081 of 060 483 2543
    • Wingatepark Buiteklub (Pretoria-Oos) by 012 997 1312 of 065 532 1590
    • Woodhill Residensiële Landgoed en Buiteklub (Garsfontein) by 079 137 1743 of 010 972 0015
  • Slegs telefoniese baanbesprekings. (Die voordeel geld nie vir besprekings op die Playtomic-toep nie). Laai die Playtomic-toep in jou toepwinkel af om beskikbaarheid van bane by die klubs te sien voordat jy die klubs skakel vir ’n bespreking.
  • Slegs EFT-betalings
  • Besprekings mag slegs vir ’n maksimum van twee weke vooruit gemaak word.
  • Spelers mag eie spane en balle saambring.
  • Spane kan gehuur word @ R50/spaan en ’n houer balle kan vir R150 gekoop word. Spaanhuur en balaankope moet by die padelsentrum betaal word. Geen kontantbetalings nie. Slegs krediet- en debietkaarte word aanvaar.
  • Geen korting bo-op korting nie (indien Proactive Padel ’n spesiale baankortingpromosie aanbied, sal die 50%-korting vir AfriForum-lede nie ook geld nie.

Dankie dat jy omsien na jou welstand!

  • Skakel die betrokke klub om ’n baan te bespreek.
  • Verskaf jou naam, van en ID-nommer om te bevestig dat jy ’n AfriForum-lid is.
  • Verskaf die name en vanne van die ander drie spelers in jou groep.
  • Die AfriForum-lid is verantwoordelik vir die volle betaling (EFT) – geen aparte betalings nie!
  • Besprekings sal slegs deur die klub se besprekingsagent met die AfriForum-lid bevestig word wanneer die lid die bewys van betaling aan die betrokke klub via WhatsApp gestuur het en die klub bevestig het dit is ontvang en die bespreking is gefinaliseer.

Proactive Padel @Irene Country Club
Tel: 060 483 2543 of 012 667 1081
Adres: Mainstraat 1, Irene Buiteklub, Irene

Bankbesonderhede:
Irene Country Club
Standard Bank
Rekeningnommer: 011739754
Takkode: 051001
Verwysing: AFRI+voorletter+van


Proactive Padel@Wingate Park Country Club
Tel: 065 532 1590 of 012 997 1312
Adres: Norvalstraat 539, Wingatepark, Pretoria

Bankbesonderhede:
Padel at Wingate (Pty) Ltd
FNB
Rekeningnommer: 63050218940
Takkode: 210529
Taknaam: Irene Mall service centre
Verwysing: AFRI+voorletter+van

Proactive Padel@Woodhill Buiteklub
Tel: 079 137 1743 of 010 972 0015
Adres: Woodhillrylaan 1143, Garsfontein, Pretoria                          

Bankbesonderhede:
Proactive Padel Woodhill (Edms.) Bpk.
FNB-rekeningnommer: 63068982397
Takkode: 210529
Taknaam: Irene Mall Service Centre
Verwysing: AFRI+voorletter+van

  • Geen funksiebesprekings sal onder hierdie korting toegelaat word nie.
  • In die geval van minderjariges (kinders 12 tot 18), kan die ouer (AfriForum-lid) bel en die bespreking maak sodat die kind en drie ander kinders/deelnemers kan speel. Die minderjarige se ouer hoef nie saam met hulle te speel of teenwoordig te wees nie, maar moet die betaling van R200 of R300 maak om die baan te bespreek en die bewys van betaling per WhatsApp na die betrokke padelsentrum stuur. Geen aparte betalings sal toegelaat word nie.
  • In die geval van minderjariges (kinders onder 12) moet die AfriForum-lid (ouer) ook die groep na die bane vergesel en teenwoordig wees vir die duur van die spel.
    Voorbeeld: ’n Ma wat ’n AfriForum-lid is kan ’n bespreking maak vir haar seun en drie van sy vriende wat nie lede is nie. Die ma hoef nie saam met die kinders te speel nie, maar as hulle jonger as 12 jaar oud is moet sy hulle vergesel en by hulle bly vir die duur van die spel.
  • In die geval van volwassenes mag die AfriForum-lid bespreek en betaal om saam met drie nie-lede te speel. Minstens een lid van hierdie groep moet ’n AfriForum-lid wees en saam met die groep speel. Die AfriForum-lid is verantwoordelik vir die volle betaling, en geen aparte betalings sal toegelaat word nie.
    Voorbeeld: ‘n Man wat ’n AfriForum-lid is, mag vir homself en drie ander nie-lede bespreek, ’n betaling maak en saam met hulle gaan speel.
  • Kansellasiebeleid:
    • Die kansellasiebeleid is dieselfde as met besprekings op die Playtomic-toep. ‘n Lid moet ten minste 24 uur VOORDAT die wedstryd moet begin, kanselleer. In hierdie geval sal die besprekingsagent help met ‘n herbespreking, GEEN TERUGBETALING sal gegee word nie. Geen herbespreking sal toegelaat word indien die kansellasie nie voor die 24 uur tydperk gereël word nie.
  • In geval van reën sal die besprekingsagent help met ‘n herbespreking volgens die reënherskeduleringsproses wat reeds in plek is.

Besprekings beperk tot buite spitstye (Maandag tot Donderdag 10:00-15:00), uitgesluit Vrydag, Saterdag, Sondag en openbare vakansiedae.

  • ’n AfriForum-lid mag ’n bespreking maak om sy/haar maatskappyfunksie/partytjie by Proactive Padel te hou – werknemers/vriende of familielede wat die funksie bywoon hoef nie lede te wees nie.
  • ’n Kwotasie en ’n faktuur sal aan die organiseerder (AfriForum-lid) gestuur word en betaling moet gemaak word – geen verdeelde betalings sal toegelaat word nie.
  • Indien ’n funksie bespreek word (en deposito betaal word) sal ’n korting van 25% op die baanbespreking en die padelpakket geld (kos en drank uitgesluit).
  • ’n Normale funksiebespreking is R450 per uur per baan (’n bykomende R50 word gehef as vooruitbesprekingsfooi om die baanbespreking vooraf te verseker) – dus sal 25% op hierdie fooi R337,50 per baan per uur beteken.
  • Die normale padelpakket beloop R160 per persoon – met 25%-korting is dit R120 per persoon – dit sluit spaan- en balgebruik, asook ’n afrigter/fasiliteerder vir die funksie in. (Dit is ’n voorvereiste aangesien geen funksie sonder ’n afrigter/fasiliteerder teenwoordig kan plaasvind nie.) Dit sluit kos en drank uit.
  • Besprekings moet vir ’n minimum van agt spelers en ’n tydsduur van 1 uur en 30 minute wees.
  • Alle kwotasies en besprekings vir funksies moet na manager@proctivepadel.com gestuur word.

Skole se padelkliniek:

  • Tydens skoolvakansies (buite spitstye) en buite spitstye gedurende die kwartaal (Maandag tot Donderdag 10:00–16:00) geld 50%-korting op ’n baanbespreking (R200 per uur per baan) en 50%-korting op die padelpakket (R80 per persoon). Dit sluit kos en drank uit.
  • ’n Minimum van 16 leerders per padelkliniek.
  • Kwotasies, besprekings en betalings vir die padelkliniek sal deur manager@proactivepadel.com hanteer word.

Skoletoernooi

  • AfriForum-skoletoernooi – Tydens skoolvakansies (buite spitstye) en buite spitstye gedurende die kwartaal (Maandag tot Donderdag 10:00-16:00 ) of ’n Vrydagmiddag van 15:00–18:00.
  • 50%-korting op ’n baanbespreking (R200 per uur per baan) en 50%-korting op die padelpakket (R80 per persoon). Dit sluit kos en drank uit.
  • ’n Minimum van 16 leerders per padeltoernooi.
  • Kwotasies, besprekings en betalings vir skoolpadeltoernooie word deur manager@proactivepadel.com hanteer.


BEPALINGS EN VOORWAARDES GELD

Opsie4-1

Korting:

50%

Kontakbesonderhede:

Adres:

Irene Buiteklub (Centurion) by 012 667 1081 of 060 483 2543

Wingatepark Buiteklub (Pretoria-Oos) 012 997 1312 of 065 532 1590

Woodhill Residensiële Landgoed en Buiteklub (Garsfontein) by 079 137 1743 of 010 972 0015

Provinsie:

Gauteng