Wie is ons?

AfriForum Sport is in 2021 gestig en het sedertdien baie sterk netwerke in die sportsfeer gevestig. Kundiges soos Duitser Bosman, Vlok Cilliers, Roedolf van der Westhuizen, Chris Lombaard, Niel du Plessis en Erin Burger is net ’n paar van AfriForum Sport se netwerkvennote.

AfriForum Sport het dit reeds reggekry om groot rolspelers in die sportbedryf soos PVM, POLAR en Braven Performance betrokke te kry en te hou by projekte en geleenthede wat georganiseer word.

Om ’n selfstandige netwerk te skep vir die ontwikkeling van sport, geleenthede en talent in gemeenskappe.

Bemagtig sportliggame en -gemeenskappe deur:

  • hulpbronne wyer beskikbaar te maak;
  • oplossings te bied vir huidige tekorte en uitdagings;
  • hoëgehalteafrigting en -opleiding teen ’n bekostigbare tarief beskikbaar te maak deur van aanlyn afrigting gebruik te maak;
  • te beding vir sportprodukte en -dienste teen ’n laer tarief as wat tans in die mark beskikbaar is; en
  • ’n tuiste te skep vir die gemeenskap om op sosiale vlak met sport as voertuig byeen te kom.

Artikels

DIE TOEKOMS EN DIE IMPAK WAT SPORT DAAROP HET

Deur Ronald Peters Wanneer ek met vriende en familie oor die toekoms gesels, draai die gesprekke dikwels na onderwerpe (en soms ook argumente) oor hoop en wanhoop. En daarmee saam ook sport. Want in my binnekring is sport een van die grootste bronne van hoop. Met toenemende politieke inmenging in sport op verskeie terreine kan…