#Hardloopvirhoop

Inligting

AfriForum sien uit om jou te ontvang by Vredenheim-wynplaas in Stellenbosch op Saterdag, 28 Oktober 2023. Jou deelname maak dit vir ons moontlik om slagoffers van plaasaanvalle te ondersteun.

Hiermee die program:

07:00–09:00Registrasie en afhaal van aanlyn ontbytbestellings
08:0010 km-wegspring
09:005 km-wegspring
10:00–12:00Afhaal van aanlyn burger- en wynbestellings
10:30–11:00Prysuitdeling

Meld asb. aan by die registrasie-area met aankoms om jou komplimentêre verwelkomingsakkie te ontvang, sowel as jou koeponne volgens jou bestelling tydens jou aanlyn inskrywing.

Onthou asb. die volgende:

  • Bring jou piekniekkombers/kampstoel vir die kuier, vermaak en prysuitdeling.
  • Verversings sal te koop wees die dag indien jy nie aanlyn bestel het nie (geen kos of drankies mag ingebring word nie).
  • Vredenheim-wynplaas is ’n kontantvrye perseel. Slegs kaartaankope word aanvaar.
  • Ongelukkig word geen honde toegelaat nie.

Mediese dienste is beskikbaar by die begin- en eindpunt van die roetes. Noodnommer op die roete: 074 900 9235

Buiten die saligheid van die natuur kan jy ook uitsien na lekker pryse, so beplan solank jou uitrusting!

  • Familie – Beste span uitrustingstema en -gees
  • 5km-wedloopwenners – 1ste, 2de en 3de plek
  • 10km-wedloopwenners – 1ste, 2de en 3de plek
  • Leerders/kinders – 1ste, 2de en 3de plek vir beste uitrusting
  • Sosiale media – 1ste, 2de en 3de plek vir fotoplasings van die dag waar AfriForum en Vredenheim ge-”tag” is
Datum:Saterdag 28 Oktober 2023
Plek:Vredenheim-wynplaas, Stellenbosch
Tyd:Kies jou eie begintyd tussen 07:00 en 09:00Geen ophoping van mense by registrasie nie; die saligheid van die natuur en genoeg tyd om die hele familie uit die bed te kry vir ’n dag in die buitelug!
Roete:5 km-roete: Familie-vriendelik (toeganklik vir stootwaentjies)
10 km-roete: Uitdagende terrein (nie aanbeveel vir kinders/stootwaentjies nie)*sien kaart onder “Roete”
Kapasiteit:Beperk tot 500 inskrywings vir die dag
Program:07:00–09:00Registrasie en afhaal van aanlyn ontbytbestellings08:0010 km-wegspring09:005 km-wegspring10:00–12:00Afhaal van aanlyn burger- en wynbestellings10:30–11:00Prysuitdeling*Koffie, tee en koeldrank/water deurlopend beskikbaar (slegs kaartbetalings asb.).
Begunstigde:AfriForum-traumaeenheid

Komplimentêre verwelkomingsakkie aan elke deelnemer

KOSTES

OPSIES

Volwassenes (19 jaar +)R80 (slegs wedloop)
OF
R140 (wedloop PLUS een bottel Vredenheim Sauvignon Blanc-wyn)
Pensioenaris (60 jaar +)R60 (slegs wedloop)
OF
R130 (wedloop PLUS een bottel Vredenheim Sauvignon Blanc-wyn)
Leerders (7 tot 18 jaar)R40 (slegs wedloop)
OF
R120 (wedloop PLUS ’n hamburger)
Kinders (0 tot 6 jaar)GRATIS (slegs wedloop)
OF
R80 (wedloop PLUS ’n hamburger)

FAMILIEPAKKET

Familie – twee volwassenes of pensionarisse (19 jaar +) en twee kinders (7 tot 18 jaar)R200 (slegs wedloop)
OF
R600 (wedloop en een bottel Vredenheim Sauvignon Blanc-wyn PLUS vier katparktoegang PLUS vier hamburgers

ANDER OPSIES

Spesiale aanbod deur Vredenheim vir deelnemers.

Besprekings vind plaas by die Vredemheim-stalletjie op die dag van die wedloop.

KatparktoegangR80 per volwassene/pensionaris
R52 per kind/leerder
DiereplaastoegangR40 per volwassene/pensionaris
R24 per kind/leerder
Kombinasie: Katpark- EN diereplaastoegangR96 per volwassene/pensionaris
R84 per kind/leerder
Ontbyt-wrapR60

ALGEMEEN

WATERPUNTE

  • Beskikbaar op die 5 km- en 10 km-roete

REËLS

  • Mediese dienste is beskikbaar by begin- en eindpunt van die 5 km- en 10 km-roete.

PRYSUITDELING

  • Familie-inskrywings: Beste tema en gees
  • Volwasse inskrywings: 1ste, 2de en 3de plek
  • Leerder-/kinderinskrywings: 1ste, 2de en 3de plek

ROETE

5KM

10KM

BEGUNSTIGDE

AfriForum se traumaeenheid is in 2015 gestig en lewer ’n baie unieke, persoonlike diens aan slagoffers van geweldsmisdaad, veral slagoffers van plaasaanvalle.

Aanlyn inskrywings is nou gesluit.

Inskrywings kan wel môre by Vredenheim-wynplaas gedoen word via kredietkaartbetaling.

Ons sien jou daar!

Inligting

Datum

28-10-2023
tot 28-10-2023

Tyd

07:00
tot 12:00

Plek


Deel met vriende