AfriForum Sport Gholfdag

AfriForum Sport hou hierdie jaar op 21 Februarie ons gholfdag. Die doel van hierdie gholfdag is om fondse in te samel vir AfriForum Sport se Forum vir Atlete-inisiatief. Met die Somer- Olimpiese Spele wat op 26 Julie afskop is daar baie atlete wat ongelukkig nie die ondersteuning kry wat hulle verdien nie. Sommige atlete moet hierdie eer self befonds, wat beteken dat party atlete tot twee inkomstestrome nastreef gesamentlik met oefening, sodat hulle ons land kan verteenwoordig.

Indien jy op enige wyse aan hierdie dag wil wil deelneem, is jy welkom om ’n e-pos te stuur aan sport@afriforum.co.za.

Datum: 21 Februarie 2024
Plek: Wingatepark
Vierbalkostes: R5 000
Putjieborg: R2 500

Registrasie: 09:00
Afslaan: 10:30

Inligting

Datum

21-02-2024
tot 21-02-2024

Tyd

09:00

Plek


Deel met vriende