SPORTKONGRES 2023

SPORTKONGRES

Die AfriForum Sport-kongres word op 6 en 7 Desember 2023 in Pretoria aangebied.

Dié kongres fokus daarop om Afrikaanse skolesportafrigters met die nodige kennis en vaardighede toe te rus om die jongmense met wie hulle in 2024 werk werklik optimaal te kan ontwikkel deur sport as voertuig. Topsprekers van regoor die land gaan AfriForum Sport-kongresgangers toespreek oor onderwerpe wat ’n daadwerklike impak op hul rol as afrigters en mentors het.

Soos met verlede jaar se geleentheid, kan kongresgangers uitsien na topgehaltesprekers wat ’n verskeidenheid van relevante onderwerpe sal bespreek.

Meer inligting sal binnekort beskikbaar gemaak word. Kapasiteit is beperk, bespreek solank jou sitplek om teleurstelling te voorkom. Moenie hierdie geleentheid misloop om jou afrigtersloopbaan tot die volgende vlak te neem of om te verseker dat jou skool se sportafrigters kop en skouers bo ander uitstaan nie. Kaartjies beloop R500 per persoon vir albei dae, wat toegang tot al die sessies, ligte versnaperings en middagete insluit.

Bespreek nou jou sitplek deur die volgende stappe te volg:

  1. Besoek www.afriforumsport.co.za.
  2. Gaan na “Funksies” en kies “Sportkongres”.
  3. Vul jou inligting in, en hou jou debiet-/kredietkaart byderhand.
  4. Doen jou betaling via ons veilige PayFast-opsie.
  5. Kom geniet die kongres saam met ons.

Ons is opgewonde om jou by die AfriForum Sport-kongres te verwelkom en jou te help om sport in Afrikaanse skole in 2024 na die volgende vlak te neem. Jy gaan ook nuwe vriende ontmoet en netwerke begin bou.

Saam is ons sterker en saam bou ons ’n toekoms vir ons jongmense.

Registreer