|

TRANSFORMASIEBELEID VAN KRIEKET SUID-AFRIKA

AfriForum  gaan aan die transformasiesittings deelneem waar die transformasie-ombudsman as voorsitter sal optree. Hier sal ons die geleentheid kry om kommentaar te lewer op die negatiewe impak wat die huidige transformasiebeleid van Krieket Suid-Afrika (KSA) op dié sport het. Ons glo dat hierdie ’n stap in die regte rigting is en dat die transformasie-ombudsman ons insette in ag sal neem wanneer hy sy voorlegging aan die raad sal maak. 

Dit is belangrik dat ons betrokke raak in prosesse wat ’n daadwerklike impak op die toekoms van sport in ons land kan hê en dat ons sal veg vir gelyke geleenthede en geregtigheid, maar ons weet ook dat ons nie naïef moet wees oor die spoed van verval van ons staat en sy affiliate nie. Daarom het AfriForum Sport ook ’n baie sterk bou-fokus met projekte wat in die nabye toekoms uitgerol sal word. Registreer jou mening hier:

Similar Posts