YsterSlypYster.

Braven Performance het Ronald Peters, AfriForum Sport se bestuurder, uitgedaag om in November vanjaar aan die Halwe Ystermankompetisie in Mosselbaai deel te neem. Sy deelname sal nie net bewusmaking vir hierdie projek skep nie, maar sal ook as beginpunt vir fondsinsameling vir dié forum dien.

Ronald het die uitdaging aanvaar, maar hy gaan ondersteuning nodig hê om dit suksesvol aan te pak. Die doel van Projek YsterSlypYster is om te bewys dat ’n mens wat nie tans topfiks is nie, of nog nooit vantevore aan ’n Halwe Ystermankompetisie deelgeneem het nie, dit in minder as ses uur kan voltooi – mits dié persoon die nodige ondersteuning vanuit die privaat sektor kry. Dit sal bewys dat ons professionele atlete selfs nog hoër hoogtes kan bereik indien hulle die nodige ondersteuning kry.